Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:16-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Was julleself en word skoon! Moenie dat Ek verder sien hoe boos julle optree nie. Sien af van julle weë.

17. Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee.

18. “Kom nou, laat ons die saak uitpraat,” sê die Here. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.

19. As julle gewillig is en My maar net gehoorsaam, sal julle die goeie gawes van die aarde eet.

20. Maar as julle weier en rebelleer, sal julle deur julle vyande vernietig word. Ek, die Here, sê so!”

21. Jerusalem, voorheen so getrou, het ’n prostituut geword! Die stad, eens op ’n tyd die tuistevan reg en geregtigheid, is nou vol moordenaars!

22. Vroeër was jy soos silwer, maar nou het jysoos waardelose lood geword. Jy was so suiwer, maar nou is jy soos wyngemeng met water.

23. Jou leiers is opstandelingeen vriende van diewe. Hulle vat almal omkoopgeld en beskerm nie die regte van weduwees en wese nie.

24. Daarom sê die Een wat regeer, die Here, die Almagtige.die Sterk Een van Israel: “Van my vyande gaan Ek My bevry.My woede gaan Ek uitstort, op julle, my vyande!

25. Ek draai teen julle. Ek sal julle smelt en die lood afskep. Al julle onsuiwerhede sal Ek verwyder.

26. Daarna gee Ek aan julle goeie regters en wyse adviseurs soos julle vroeër gehad het. Dan sal Jerusalem weer genoem worddie Stad van Geregtigheid,die Getroue Stad.”

27. Jerusalem sal gered word deur regen almal in die stad wat berou het, deur geregtigheid.

28. Maar opstandelinge en sondaars sal ten volle vernietig word, want hulle weier om terug te kom na die Here.

29. Julle sal skaam wees as julle terugdink aan die tydtoe julle offers aan afgode in julle tuine gebring het. Julle sal bloos as julle dink aan die sondes wat julle gedoen hetin julle gewyde tuine.

30. Julle sal verlep soos ’n eikeboom of verdor soos ’n tuin sonder water.

31. Die sterkste onder julle sal wees soos brandende strooi.Julle bose dade is die vonk wat strooi laat brand,’n vuur wat niemand kan blus nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1