Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 9:9-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Behoort Ek hulle nie daaroor te straf nie?” vra die Here. “Behoort Ek My nie op ’n nasie soos hierdie te wreek nie?”

10. Ek sal huil en kla oor die berge en die weivelde van die woestyn. Hulle is verlate, sonder enige teken van lewe. ’n Mens hoor ook nie meer die beeste bulk nie. Selfs die voëls het gevlugen die wilde diere is weg.

11. “Ek sal Jerusalem maak tot ’n bouval. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die dorpe van Juda sal spookdorpe wees,want niemand sal meer daar bly nie.”

12. Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom hierdie dinge gebeur? Vir wie het U onderrig sodat hy dit weer vir iemand anders kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eers wil waag om daardeur te gaan nie?

13. Die Here het geantwoord: “Dit is omdat my mense weier om my voorskrifte wat Ek vir hulle gegee het, te volg. Hulle weier om na My te luister en volgens my voorskrifte te lewe.

14. Hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het die Baäls aanbid soos hulle by hulle voorouers geleer het.”

15. Luister wat die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Kyk! Ek sal hulle bitter kruie gee om te eet en gif om te drink.

16. Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat nóg hulle nóg hulle voorouers geken het. Ek sal hulle met die swaard agtervolg totdat Ek hulle heeltemal uitgewis het.”

17. Die Here, die Almagtige, sê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is! Roep die vroue wat rouklaag om treurliedere te kom sing.

18. “Maak gou en huil oor ons! Laat trane vloei uit julle oë.

19. Want die geluid van rouklag word in Sion gehoor: ‘Verwoesting het ons getref! Ons is verneder, want ons moet die land verlaat,en ons huise het puinhope geword.’”

20. Vroue, luister na die woordevan die Here. Hoor baie duidelik wat Hy sê. Leer julle dogters’n treurlied,leer hulle om klaagliedere te sing.

21. Want die dood het ons huise binnegekomdeur die vensters. Kinders speel nie meerin die strate nie. Jongmense kom nie meer bymekaar op die stadspleine nie.

22. Jy moet sê: Die Here sê: “Lyke sal oral soos mis op die oop velde lê. Dit sal lyk soos bondels graan wat afgeoes is. Niemand sal oorbly om hulle te begrawe nie.”

23. Die Here sê: “Mense met insig moeniespog met hulle kennis nie.Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 9