Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 9:2-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. As ek maar net ’n herberg in die woestyn gehad het!Dan sou ek daarheen ontsnap en my mense agterlaat. Want my volk is niks anders nie as egbrekers en ’n klomp verraaiers.

3. “Hulle span hulle tong soos ’n boog om leuens af te vuur. Hulle praat nie die waarheid nie. Die onreg wat hulle doen, raak net al hoe erger en erger. Hulle gee niks meer om vir My nie,” sê die Here.

4. “Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of volksgenote vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar.

5. Vriende lieg en bedrieg mekaaren praat nie die waarheid nie;hulle het hulle tonge geleer lieg.Hulle kan nie ophou sondig nie.

6. Hulle hou net aan om leuen op leuen te vertel. Hulle weier om enigiets met My te doen te hê,” sê die Here.

7. Daarom sê die Here, die Almagtige:“Ek sal hulle in ’n smeltoond sit en hulle suiwer soos metaal. Eintlik laat my volk My geen ander keuse as om dit te doen nie.

8. Hulle tonge is soos giftige pyle. Hulle praat baie vriendelik met hulle vriende, maar in hulle harte beplan hulle hulle ondergang.

9. Behoort Ek hulle nie daaroor te straf nie?” vra die Here. “Behoort Ek My nie op ’n nasie soos hierdie te wreek nie?”

10. Ek sal huil en kla oor die berge en die weivelde van die woestyn. Hulle is verlate, sonder enige teken van lewe. ’n Mens hoor ook nie meer die beeste bulk nie. Selfs die voëls het gevlugen die wilde diere is weg.

11. “Ek sal Jerusalem maak tot ’n bouval. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die dorpe van Juda sal spookdorpe wees,want niemand sal meer daar bly nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 9