Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:54-63 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

54. “Hoor hoe skreeu hulle in Babel! Dis die geluid van groot vernietiging in die land van die Babiloniërs.

55. Want die Here verwoes Babel. Hy laat die rumoer ophou. Die vyand sal met ’n gedreun teen hulle aanstorm soos ’n groot massa water. Hulle oorlogskrete sal deur die stad klink.

56. ’n Vernietiger trek op teen Babel om die stad te verwoes. Hulle vang die soldate en slaan hulle wapens aan stukke. Omdat die Here ’n God is wat regverdig straf,kry hulle wat hulle verdien.

57. Ek maak die leiers,amptenare, wyse manne, bestuurders, bevelvoerders en soldate dronk. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie!” sê die Koning wie se Naam die Here,die Almagtige, is.

58. Die Here, die Almagtige, sê ook: “Babel se mure is baie dik, maar sal gelykgemaak word met die grond.Die stadspoorte is baie hoog, maar vuur sal dit verbrand. Baie werkers uit ander lande het vir hulle gewerk, maar dit was tevergeefs. Vuur sal hulle werk verbrand!”

59. Die profeet Jeremia het ’n opdrag saam met Seraja na Babel toe gestuur. Seraja was die seun van Nerija en kleinseun van Magseja. Hy het saam met koning Sedekia na Babel toe gereis. Seraja was verantwoordelik vir die reisreëlings. Dit was in die vierde jaar wat koning Sedekia oor Juda regeer het.

60. Jeremia het al die rampe wat Babel gou sou tref op ’n boekrol geskryf.

61. Hy het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy alles wat in die boekrol geskryf staan, hardop lees.

62. Dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U gaan hierdie stad verwoes. Geen mens of dier sal meer hier wees nie. Die stad sal vir altyd leeg en verlate bly.’

63. “Wanneer jy die boek klaar gelees het, maak dit vas aan ’n klip en gooi dit in die Eufraatrivier.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51