Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê: “Ek sal ’n verwoester aanhits teen Babel en die inwoners van Babel.

2. Ek stuur vreemdelinge na Babel wat hulle sal verstrooi. Op die noodlottige dag sal hulle Babel van alle kante afaanval, en hulle sal die land kaal steel.

3. Moenie die boogskutters kans gee om hulle boë te span of hulle gevegsklere aan te trek nie. Moenie die jongmense spaar nie. Nee, roei die hele leër uit!

4. Hulle sal dood neerval in Babel of dodelik gewond in die strate lê.

5. Want Ek het Israel en Juda nie in die steek gelaat nie. Al is hulle land vol oortredings teen die Heilige van Israel, is Ek steeds hulle God, die Here, die Almagtige.”

6. Vlug uit Babel!Red julleself! Moenie dat Babel se sonde julle vernietig nie!Dit is die tyd van die Here se wraak, Hy gaan die stad nou terugbetaal.

7. Babel is ’n goue beker in die Here se hande. Die hele wêreld drink daaruit en word dronk.Die nasies drink van die wynen verloor hulle verstand.

8. Skielik het Babel nou ook geval en is verwoes. Huil oor die stad! Gee vir haar medisyne, miskien is daar genesing.

9. Ons sou die stad help as ons kon, maar niks kan Babel nou meer genees nie. Vergeet van die stad! Laat elkeen na sy eie land teruggaan! Die oordeel oor die stad reik tot by die hemel,styg tot by die wolke.

10. Die Here het ons onskuld bewys. Kom ons vertel in Jerusalemwat die Here ons God gedoen het.

11. Maak julle pyle skerp!Neem julle skilde op!Want die Here het die gedagte by die koning van die Mediërs laat posvat om op te trek teen die Babiloniërsen hulle te vernietig. Dit is hoe die Here wraak neem, Hom wreek oor sy tempel.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51