Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 50:40-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

40. Ek sal Babel verwoes soos Ek Sodom en Gomorra en die naburige dorpe destyds vernietig het. Niemand sal meer daar bly nie,” sê die Here.

41. “Kyk, ’n groot leër uit die noorde is op pad!’n Groot nasie en baie konings uit veraf dele van die aarde trek teen julle op.

42. Hulle is met boog en spies gewapen.Hulle is baie wreed en toon geen genade nie. Hulle ry op perde en klink soos die see wat dreun. Hulle marsjeer in formasie, reg om julle aan te val, mense van Babel!

43. Berigte oor hulle het die koning van Babel bereik. Dit het homlam van vrees gemaak. Angs en pyn het hom beetgepak, soos ’n vrou in kraam.

44. Ek sal soos ’n leeu uit die digte bosse by die Jordaan komen skape bespring wat besig is om te wei. Ek sal die mense van Babel uit hulle land jaag. Daarna sal Ek ’n leier kieswat Ek daar sal aanstel.Wie kan met My vergelyk word? Wie kan My uitdaag? Watter koning sal waag om teen My in opstand te kom?”

45. Luister na die Here se plan met Babel en die land van die Babiloniërs. Selfs klein kindertjies sal uit hulle land weggevat word. Hulle huise sal leeg staan.

46. Die geluid van Babel se val sal die aarde laat bewe. Al die volke van die wêreld sal hulle wanhoopskrete hoor.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 50