Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 50:38-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

38. Dit tref ook hulle watervoorrade wat sal opdroog. Hoekom?Want die hele land is vol afgode, en die mense is dol oor hulle.

39. Wilde woestyndiere, hiënasen volstruise sal Babel hulle blyplek maak. Mense sal nooit weer daar bly nie, ook nie toekomstige geslagte nie.

40. Ek sal Babel verwoes soos Ek Sodom en Gomorra en die naburige dorpe destyds vernietig het. Niemand sal meer daar bly nie,” sê die Here.

41. “Kyk, ’n groot leër uit die noorde is op pad!’n Groot nasie en baie konings uit veraf dele van die aarde trek teen julle op.

42. Hulle is met boog en spies gewapen.Hulle is baie wreed en toon geen genade nie. Hulle ry op perde en klink soos die see wat dreun. Hulle marsjeer in formasie, reg om julle aan te val, mense van Babel!

43. Berigte oor hulle het die koning van Babel bereik. Dit het homlam van vrees gemaak. Angs en pyn het hom beetgepak, soos ’n vrou in kraam.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 50