Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:3-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Here, U verwag van mense om eerlik te wees. U het hulle geslaan, maar hulle gee nie aandag nie.U het hulle swaar getref, maar hulle het hulle nie van sondes bekeer nie. Hulle is hardkoppige mense en het geen berou getoon nie.

4. Ek het gedink:“Wat kan ons verwag van armes en onkundiges? Hulle ken nie die Herese pad nie en verstaan nie wat God van hulle verwag nie.

5. Daarom sal ek eerder met die leiers gaan praat. Hulle ken sekerlik die pad van die Hereen wat God van hulle verwag.” Maar ook die leiers het God verwerp.

6. Daarom sal ’n leeu uit die bos hulle aanval, ’n woestynwolf hulle verskeur. ’n Luiperd sal naby die dorpe lê en loer en enigiemand verskeur wat waag om uit te kom. Dit sal gebeur omdat hulle oortredings so baie is en hulle so opstandig is.

7. “Hoe kan Ek julle vergewe? Selfs julle kindershet My verlaat.Hulle beloof trou aan gode wat nie gode is nie! Ek het hulle versorg; tog pleeg hulle egbreuken drom saam in bordele.

8. Hulle is soos goed versorgde, bronstige hingste, wat runnik agter hulle buurman se vrou aan.

9. Moet Ek hulle nie hieroor straf nie? Behoort Ek nie wraak te neem op ’n volk soos hierdie nie?

10. “Beweeg deur haar wingerde en verwoes dit, maar moenie alles verwoes nie. Sny die lote af, want hulle behoort nie aan die Here nie.

11. Die mense van Israel en Juda was ontrou aan My,” sê die Here.

12. “Hulle het leuens verspreioor die Here, en gesê:‘Hy sal niks aan ons doen nie! Geen ramp sal ons tref nie! Ons sal ook geen oorlog of hongersnood beleef nie!

13. Die profete is soos wind –sonder enige goddelike gesag. Hulle voorspelling van rampe sal oor hulleself kom!’”

14. Daarom sê die Here God,die Almagtige:“Omdat die mense dit gesê het, sal Ek my woorde in jou mondmaak soos vuurwat hulle sal verbrand asof hulle vuurmaakhout is.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5