Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 44:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jeremia het ’n boodskap ontvang oor die Judeërs wat in Egipte gewoon het. Hulle was in Migdol, Tagpanges, Memfis en in die Patrosstreek.

2. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Julle het al die rampe gesien waarmee Ek Jerusalem en die dorpe van Juda getref het. Hulle lê nou verwoes; niemand woon meer daar nie.

3. Al die slegte dinge wat hulle gedoen het, het My baie kwaad gemaak. Hulle het ander gode aanbid en vir hulle wierook gebrand. En dit nog vir gode wat nie hulle of hulle voorouers ooit geken het nie!

4. “Hoeveel keer het Ek nie my diensknegte – die profete – gestuur om hulle te smeek en te sê: Moenie hierdie afskuwelike dinge doen wat Ek so haat nie.

5. Maar hulle wou nie luister of gehoor gee en ophou om verkeerd te doen nie. Hulle het net aangehou om wierook vir ander gode te brand.

6. Daarom het my woede oorgeborrel en gevlam teen die dorpe van Juda en die strate van Jerusalem. Nou is hierdie plekke net verlate bouvalle.

7. “En nou vra die Here, die Almagtige, die God van Israel, vir julle: Hoekom bring julle so ’n groot onheil oor julleself? Nie een van julle sal oorleef nie, nie enige man, vrou, kind of suigeling wat van Juda af kom nie. Niemand sal oorbly nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 44