Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 39:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In Januarie van die negende jaar wat Sedekia koning van Juda was, het koning Nebukadnesar en sy leër teruggekom en Jerusalem beleër.

2. Twee en ’n half jaar later, op 18 Julie, het hulle dit reggekry om ’n gat in die stadsmuur te breek.

3. Al die offisiere van die koning van Babel het in die stad ingekom en by die Middelhek gaan sit. Onder hulle was Nergal-Sareser van Sinmagir en Nebu-Sarsekim, ’n hoofoffisier, verder ook Nergal-Sareser, die koning se adviseur en baie ander.

4. Toe koning Sedekia en sy soldate die Babiloniërs by die stadsingang sien, het hulle gevlug toe dit donker was. Hulle het deur die koning se tuin gegaan en by die hek tussen die twee mure uit die stad gegaan. Van daar het hulle in die rigting van die Jordaanvallei gegaan.

5. Maar die Babiloniërs het hom agtervolg en koning Sedekia op die vlaktes by Jerigo ingehaal. Hulle het hom gevang en hom na Nebukadnesar, koning van Babel, toe gebring. Nebukadnesar was in Ribla in die Hamatgebied. Daar het hy vir Sedekia gesê hoe hy hom gaan straf.

6. Daar in Ribla het die koning van Babel Sedekia se seuns voor sy oë doodgemaak. Hy het ook die leiers van Juda daar doodgemaak.

7. Daarna het hy Sedekia se oë uitgesteek. Hy het hom met kettings geboei en hom na Babel weggevoer.

8. Die Babiloniërs het toe die paleis en die mense se huise afgebrand. Hulle het ook die stadsmure afgebreek.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 39