Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 3:16-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Die Here sê: “Wanneer daar weer baie mense in die land is, sal hulle nie meer oor die verbondsark van die Here praat nie. Trouens, dit sal nie eers in hulle gedagtes opkom nie. Hulle sal dit nie eers onthou of mis nie, wat nog te sê ’n nuwe een maak!

17. In dié tyd sal Jerusalem bekend staan as die troon van die Here. Al die nasies sal hierheen kom om eer aan die Here te bring. Hulle sal nie langer soos domastrante mense slegte dinge doen nie.

18. In hierdie tyd sal die mense van Juda en Israel by mekaar aansluit. Hulle sal saam uit die noorde terugkom na die land wat die Here vir hulle voorouers as erfenis gegee het.

19. “Ek het by Myself gedink: ‘Ek sou julle graag soos my eie kinders wou behandel! En Ek sou graag hierdie mooi land vir julle wou gee. Nie een van die nasies se grondgebied is naastenby so mooi nie.’Ek het gedink julle sou My ‘Vader’ noem en nooit weer julle rug op My draai nie.

20. Maar Israel het soos ’n ontrou vrou wat haar man verlaat, My verraai,” sê die Here.

21. “Op die heuweltoppe hoor ’n mens uitroepe. Dit is die gehuil en gesoebat van Israel se mense. Hulle het afgedwaal en van die Here hulle God vergeet.”

22. Die Here sê:“Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” Hulle het geantwoord:“Ja, ons wil terugkom, want U is die Here ons God!

23. Ons aanbidding van gode op die heuwels is heeltemal vals. Dit is net die Here ons God wat Israel kan red.

24. Van ons kinderjare af het ons die skande gesien,hoe alles verteer word waarvoor ons voorouers gewerk het: hulle beeste, skapeen selfs ook hulle kinders.

25. Van skaamte sink ons weg in die aarde,oordek met skande. Ons en ons voorouers het oor die jare heen teen die Here ons God gesondig. Ons was van jongs af nie gehoorsaam aan die Here ons God nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 3