Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 3:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here vra: “As ’n man van sy vrou skei en sy trou met ’n ander man, mag hy haar dan weer terugvat? Sal dit nie die land besoedel nie? Israel, jy het by baie minnaars geslaap. Tog roep Ek jou; wil jy nou terugkom na My toe?” sê die Here.

2. “Kyk ’n bietjie om jou na die heuwels. Is daar enige plek waar jy nie losbandig was nie? Jy sit langs die pad soos ’n prostituuten wag vir ’n minnaar. Jy sit soos ’n swerwer in die woestyn.Jy het die land besmet met jou ontrou en boosheid!

3. Dit is hoekom dit nie in die lente gereën het nie.Jy is net so uitdagend soos ’n prostituut. Jy skaam jou nie eersoor wat jy gedoen het nie.

4. En nou skielik sê jy vir My: ‘U is my Vader, my Vriend van kleins af.

5. U sal sekerlik nie vir altyd kwaad wees oor so ’n klein dingetjie nie?’Dit is die soort praatjies wat julle maak, maar julle hou net aan om verkeerd te doen.”

6. In die tyd toe Josia koning was, het die Here vir my gesê: “Het jy gesien wat Israel gedoen het? Soos ’n sedelose vrou het Israel op elke hoogte en onder elke groen boom ander gode aanbid.

7. Ek het gedink dat as Israel klaar rondgeloop het, sy weer na My toe sou terugkom, maar dit het nie gebeur nie. “Israel se ontroue suster Juda het alles sien gebeur.

8. Sy het gesien dat Ek vir Israel, wat so ontrou was, geskei het. Maar dit het Juda nie banggemaak nie. Israel het soos ’n onsedelike vrou ander gode begin dien.

9. Sy was ongeërg oor haar onsedelikheid. Sy het die land met haar owerspel besmet, want sy het afgode van hout en klip gedien.

10. Maar ten spyte van alles het die ontroue suster Juda net halfhartig na My toe teruggekom. Sy het gemaak of sy jammer is,” sê die Here.

11. Toe sê die Here vir my: “Selfs die ontroue Israel is minder skuldig as die verraderlike Juda!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 3