Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die land is vol ontroue mense.Daar rus ’n vloek op die land,sodat die land in rou gedompel is en die weiding verdroog.Want die profete tree boos op en misbruik hulle mag.

11. “Die priesters is net so goddeloos soos die profete. Ek het gesien wat hulle selfs in my tempel aanvang,”sê die Here.

12. “Daarom sal hulle lewenspaaie glad en donker wees. Hulle sal verjaag word op donker en verraderlike paaiewaarop hulle sal val. Ek sal ellende oor hulle bringin die jaar van my straf,Ek, die Here, het dit gesê.

13. “Ek het gesien dat die profete van Samaria’n walglike ding doen. Hulle profeteer wat Baäl sê. So lei hulle my volk Israel op ’n dwaalpad.

14. Maar nou sien Ek dat die profete van Jerusalem nog erger dinge doen. Hulle is ontrou en leef vals.Mense wat verkeerd doen,moedig hulle aan om daarmee aan te hou.’n Mens sou eerder verwag dathulle mense sou aanmoedigom op te hou om verkeerd te doen. Hulle is niks beter as die mense van Sodom en Gomorra nie!”

15. Daarom sê die Here,die Almagtige, oor die profete: “Ek sal hulle bitterheid gee om te eet en gif om te drink. Want dit is die profete van Jerusalem se skuld dat al die mense van die land so afvallig leef.”

16. Die Here, die Almagtige, sê: “Moenie luister na hierdie profete nie. Hulle boodskappeskep vals hoop by julle. Die visioene wat hulle oordra, kom nie van die Here af nie.Dit kom van hulleself af!

17. Hulle hou aan om vir die mense wat my woord verag, te sê: ‘Die Here sê julle sal vrede hê!’Vir die hardkoppiges wat net doen wat hulle wil, sê hulle: ‘Niks slegs sal met julle gebeur nie!’

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23