Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met die leiers, die herders van my volk. Hulle het my mense wat hulle moes versorg, uitmekaar laat spat en laat afdwaal.”

2. Omdat dit so is, sê die Here, die God van Israel, vir hierdie leiers: “Julle het my mense soos skape uitmekaar laat spat. Julle was veronderstel om na hulle om te sien, maar julle het hulle weggedryf. Daarom sal Ek julle straf vir al die kwaad wat julle gedoen het.

3. Daar is van my mense wat oorleef het in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaarmaak en hulle na hulle eie land toe terugbring. Hulle sal baie kinders hê en weer groei in getalle.

4. Dan sal Ek nuwe leiers voorsien wat na hulle sal omsien. Hulle hoef nooit weer bang of verskrik te wees nie. Nie een van hulle sal verlore raak nie,” sê die Here.

5. Die Here sê verder: “Daar sal ’n tyd kom wanneer Ek weer ’n wettige afstammeling uit Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat reg geskied en almal in die land regverdige behandeling ontvang.

6. “Sy naam sal wees: ‘Die Here is ons geregtigheid.’ Terwyl hy regeer, sal Juda vrykom van al hulle vyandeen Israel sal veilig leef.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23