Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het gesê: “Gaan na die paleis en dra hierdie boodskap oor aan die koning van Juda. Sê vir hom:

2. ‘Luister, o koning van Juda, u wat ’n koning is uit die geslagslyn van Dawid. Die Here het ’n boodskap vir u, u amptenare en die mense van Jerusalem.

3. “‘Die Here sê: Julle moet eerlik en regverdig optree. Doen wat reg is. Julle moet ook mense help wat deur ander bedrieg is. Beskerm hulle teen hierdie bedrieërs. Julle mag ook nie vreemdelinge, weeskinders en weduwees mishandel nie. Hou ook op om onskuldige mense te vermoor!

4. As julle doen wat Ek sê, sal daar altyd iemand uit Dawid se nageslag koning in Jerusalem wees. Die konings sal in koetse en op perde deur die paleis se hekke ry, saam met hulle amptenare en onderdane.

5. Maar as julle hierdie waarskuwing ignoreer, sal hierdie paleis, so waar as wat Ek die Here is, in ’n bouval verander, sê die Here.’”

6. Die Here sê ook oor die koningshuis van Juda: “Jy is vir My soos vrugbare Gilead, soos die groen woude van Libanon. Maar Ek maak dit’n woestyn, ’n stad sonder enige inwoners.

7. Ek sal mense aanstel wat sal kom en dié plek met hulle gereedskap afbreek. Hulle sal die pragtige sederbalke uitruk en in die vuur gooi.

8. “Baie mense van ander nasies sal hier verbygaan en vir mekaar sê: ‘Hoekom het die Here so ’n indrukwekkende stad soos hierdie verwoes?’

9. “Dan sal hulle antwoord: ‘Omdat hulle die verbond met die Here hulle God verbreek het. Hulle het voor vreemde gode neergebuig en hulle aanbid.’”

10. Moenie oor koning Josiahartseer wees omdat hy dood is nie. Moet ook nie oor hom huil nie, maar huil liewer oor koning Joahaswat uit sy land weggevat is! Want hy sal nooit weer terugkom nie. Hy sal sy geboorteland nooit weer sien nie.

11. Eers was Josia koning van Juda. Sy seun Joahas het hom opgevolg, maar hulle het hom hiervandaan weggevoer. Die Here sê: “Hy sal nooit weer hierheen terugkom nie.

12. Hy sal sterf in die land waar hy ’n gevangene is. Hy sal sy geboorteland nooit weer sien nie.”

13. “Ellende wag vir Jojakim, wat sy paleis met onreg bou,en sy bovertrekke met kullery. Hy laat mense verniet werk,hy betaal hulle nie.

14. Hy sê: ‘Ek sal vir my ’n spogpaleis boumet groot kamers en baie vensters, panele van sederhout,en die huis rooi verf.’

15. Maak dit van jou ’n koning omdat jy baie sederhout het? Jou pa het niks geskort nie,want hy was altyd eerlik en regverdig. Daarom het dit goed gegaan met hom.

16. Hy het gesorg vir arm en behoeftige mense,dat hulle regverdige behandeling kry. Daarom het dit met homgoed gegaan.Is dit nie wat dit beteken om My te ken nie?”vra die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22