Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 20:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Die volgende dag het Pasgur Jeremia vrygelaat. Toe het Jeremia vir hom gesê: “Pasgur, die Here het jou naam verander. Hy noem jou nou: ‘Verskrikking rondom,’

4. want dit is wat die Here sê: Ek sal sorg dat jy en jou vriende verskrik is van vrees. Jou vyand sal jou vriende voor jou oë met die swaard doodmaak. Ek gee die hele bevolking van Juda oor in die hande van die koning van Babel. Hy sal die mense in ballingskap wegvoer na Babel of met die swaard doodmaak.

5. Ek sal toelaat dat jou vyande hierdie stad kaalstroop. Hulle sal al die rykdom in die stad – die kosbare juwele van goud en silwer van jou konings – na Babel toe neem.

6. Pasgur, hulle sal jou en ook jou familie as gevangenes na Babel toe wegvoer. Daar sal jy doodgaan en sal hulle jou begrawe. Dieselfde sal ook gebeur met al jou vriende vir wie jy geprofeteer het dat alles reg sal wees.”

7. Here, U het my omgepraat en ek het my laat ompraat. U is baie sterker as ek, U het my oorweldig. Nou bespot hulle my heeldag, almal lag vir my.

8. As ek praat, moet ek elke keer net uitroep:“Geweld en vernietiging!” Die boodskap wat die Herevir my gegee het, veroorsaak dat almal my aanhoudend spot.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 20