Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Aan die ander kant, as Ek sê dat Ek ’n sekere nasie of regering sal vestig, opbou, groot en sterk maak,

10. maar die nasie begin verkeerde dinge doen en My nie gehoorsaam nie, sal Ek nie dan sorg dat dit nie met hulle goed gaan soos Ek van voorneme was nie?

11. “Jeremia, gaan sê vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem dat die Here sê: ‘Ek is besig om planne te maak om julle te straf. Moenie langer aanhou op die verkeerde koers wat julle ingeslaan het nie. Julle almal moet ophou om verkeerd te doen en begin doen wat reg is.’

12. Maar die mense het geantwoord: ‘Moenie jou asem mors nie. Ons sal aanhou lewe soos ons wil en ons eie oordeel volg, al is dit verkeerd.’”

13. Daarom sê die Here: “Doen navraag onder die nasies.Het iemand al ooit gehoor van die afstootlike ding wat die jong vrou Israel gedoen het?

14. Sal die sneeu ooit smelt op die hoë dele van die Libanon?Sal die koue bergstrome van die Hermonbergooit opdroog?

15. Tog het my volk My vergeet en offers gebring aan nikswerd afgode wat hulle laat struikel op die goeie weë.Hulle het op afdraaipaadjies,op sondige paaie beland.

16. As gevolg hiervan sal hulle land in ’n woesteny ontaard. ’n Mens kan maar net fluit van verbasing. Almal wat deurreis, sal verstom staanen hulle koppe skud.

17. Soos die oostewind stof opwaai, so sal Ek my volkin alle rigtings verstrooi voor hulle vyande.Al sou hulle in groot moeilikheid beland, sal Ek my rug op hulle draai,en My nie aan hulle steur nie.”

18. Toe het die mense gesê: “Kom ons beraam planne teen Jeremia. Ons het mos priesters wat vir ons die gebooie kan leer, wyse mense wat ons met raad kan bedien en profete wat vir ons boodskappe kan gee. Kom ons versprei slegte stories oor hom en steur ons nie aan wat hy sê nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18