Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Here, help my!Luister na wat die mense teen my beplan!

20. Is dit regverdig om goed met sleg te betaal? Hulle het ’n gat vir my gegraweom in te val. Onthou U hoe ek namenshulle by U gesmeek het om hulle nie in u woede te straf nie?

21. Daarom, laat hulle kinders van honger doodgaan! Laat hulle in oorloë sneuwel! Laat hulle vroue weduwees wees sonder kinders! Laat die mans deur ’n epidemie omkom! Laat die jong manne sterfin gevegte op die slagveld!

22. Laat hulle angskrete weergalmas aanvallers skielik op hulle toesak terwyl hulle in hulle huise is! Hulle het vir my ’n gat gegrawe om in te val, hulle het vangstrikke vir my gestel om in te trap.

23. Here, U weet van al hulle planne om my dood te maak.Moenie hulle wat onregverdig optree, vergewe nie.Moet ook nie hulle sondes uitvee asof dit nooit bestaan het nie. Laat hulle voor u oë ondergaan. Straf hulle terwyl U nog kwaad isvir hulle!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18