Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê: “My volk tree op asof hulle bose weë ’n wet is wat ingegraveer ismet ’n ysterpen of ’n diamantpuntop die tafels van hulle harten op die horings van hulle altare.

2. Selfs hulle kinders gaan aanbid by hulle altare en die Asjerapale onder elke groen koelteboom en op elke hoë heuwel,

3. op die berge en in die veld. Daarom sal Ek al julle rykdom en julle kosbare besittings vir die vyand gee as buit,ook die hoë plekke waar julle afgode aanbid het. Dit is die prys vir die sondewat julle oral deur julle land gedoen het.

4. Ek het die land vir julleas ’n kosbare besitting gegee. Dit sal uit julle hande glip. Ek sal julle na ’n land stuur wat julle nie ken nie, as slawe vir julle vyande. Julle het ’n vuur in my woede aangesteek en dit sal nie geblus word nie.”

5. Die Here sê:“Daar rus ’n vloek op dié wat hulle vertroue stelin gewone mense, en nie op die Here vertrou nie.

6. Hulle is soos bossies in die woestyn met geen vooruitsig vir die toekoms nie. Hulle sal woonin ’n verskroeide woestyn,op soutvlaktes waar niemand kan oorleef nie.

7. “Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrouen hulle verwagting in Hom stel.

8. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, en hulle blare bly groen.Lang maande van droogtepla hulle ook nie.Hulle hou nie op om vrugte te dra nie.

9. “Die mens se hart is deur en deur bedrieglik en boos. Wie weet regtig hoe sleg dit is?

10. “Maar Ek weet! Ek, die Here, deursoek mense se harte en geheime motiewe. En Ek gee aan almal wat hulle toekom,volgens wat hulle gedoen het.”

11. Mense wat op ’n oneerlike manierryk word, is net soos ’n voël wat eiers uitbroei wat sy nie gelê het nie.Vroeër of later sal hulle al hulle rykdom verloor.Aan die einde van hulle lewens sal hulle niks anders as dwase wees nie!

12. Maar ons aanbid U by u glansryke troon,ewig, hoog en glorieryk.

13. O Here, hoop van Israel, almal wat van U wegdraai, sal beskaam word.Hulle sal in die stof begrawe word,want hulle het weggedraaivan die Here, die fontein van lewende water.

14. Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red.U alleen prys ek!

15. Die mense vra my: “Waar is die kamtige boodskap van die Here? Laat dit nou bietjie waar word!”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17