Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 14:6-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die wildedonkies staan op die kaal bulte en snuif die lug soos jakkalse wat dors is. Hulle oë verdof, want daar is nie gras om te eet nie.”

7. “Here, ons sondeshet ons nou ingehaal.Help ons ter wille van u eie reputasie.Ons het baie keer teen U gesondig.

8. U is Israel se enigste hoop, ons Verlosser in krisistye! Hoekom is U ’n vreemdeling vir ons? Hoekom is U soos iemand wat reis deur die landen net ’n nag oorslaap?

9. Hoekom tree U op soos iemand wat verward is,soos ’n soldaat wat ons nie kan help nie? Maar U, Here, is mos by ons. Ons is immers u volk. Moet ons tog nie aan ons lot oorlaat nie!”

10. Die Here het sy volk soos volg geantwoord: “Julle hou mos daarvan om van My af te dwaal.Daarom aanvaar Ekjulle nie meer as my volk nie.Ek sal nou al julle boosheid onthouen julle straf vir julle sondes.”

11. Die Here het vir my gesê: “Moenie meer vir hierdie volk bid dat dit met hulle goed moet gaan nie.

12. Selfs al vas hulle, sal Ek My nie aan hulle geroep steur nie. En al bring hulle ook brandoffers en graanoffers vir My, sal Ek dit nie aanvaar nie. Ek sal met hulle klaarspeel deur oorloë, hongersnood en siekte op hulle pad te bring.”

13. Maar toe sê ek: “Oppermagtige Here, hulle profete sê vir hulle: ‘Julle sal nie oorlog of hongersnood beleef nie. Die Here sal verseker vir julle vrede bring.’”

14. Die Here het toe vir my gesê: “Hierdie profete vertel leuens in my Naam. Ek het hulle nie gestuur nie. Nog minder het Ek hulle opdrag gegee om met julle te praat. Wat hulle sien, is vals en wat hulle van God bekendmaak, is niks werd nie. Dit is ’n spul leuens wat hulle self uitdink.

15. Daarom sê die Here oor die profete: Ek sal die profete wat kamtig namens My praat, straf. Ek het hulle nie gestuur nie. Hulle sê mos dat daar nie oorlog of hongersnood in hierdie land sal kom nie. Hulle sal egter self in oorlog of van honger doodgaan!

16. Die mense vir wie hulle profeteer, se lyke sal oral in die strate van Jerusalem lê. Mans, vroue en kinders sal slagoffers wees van hongersnood of van oorlog. Niemand sal oorleef om hulle te begrawe nie. Ek bring hulle eie oortredings oor hulle.

17. “Jeremia, sê vir hulle:‘Dag en nag loop trane uit my oë. Ek kan nie ophou huil nie. Want my volk is soos ’n jong meisie wat swaar gewond isen besig is om dood te bloei.

18. As ek in die veld kom, sien ek oral mense lê wat gewelddadig gesterf het. Al wat ek sien as ekin die strate van die stad loop, is mense wat van honger gesterf het. Die profete en priesters gaan aan met hulle werk,maar hulle weet nie wat hulle doen nie.’”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 14