Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 14:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. “Jeremia, sê vir hulle:‘Dag en nag loop trane uit my oë. Ek kan nie ophou huil nie. Want my volk is soos ’n jong meisie wat swaar gewond isen besig is om dood te bloei.

18. As ek in die veld kom, sien ek oral mense lê wat gewelddadig gesterf het. Al wat ek sien as ekin die strate van die stad loop, is mense wat van honger gesterf het. Die profete en priesters gaan aan met hulle werk,maar hulle weet nie wat hulle doen nie.’”

19. Het U Juda nou totaal verwerp? Haat U werklik vir Jerusalem?Waarom het U ons so verwond dat niemand ons gesond kan maak nie? Ons het vrede verwag, maar daar was geen vrede nie. Ons het gehoop op genesing, maar verskrikking het gekom.

20. Here, ons bely ons verkeerde dinge wat ons en ons voorouers gedoen het! Ons het teenoor U gesondig.

21. Ek vra dat U,ter wille van Uself, ons nie sal verwerp nie. Moenie dat daar skade komaan u roemryke troon nie. Moenie u verbond met ons verbreek nie. Moenie ons vergeet nie.

22. Kan enige van die vreemde afgode vir ons reën gee? Val die reën sommer vanself uit die hemel? Nee, dit kom van U af, Here, ons God! Dit is net U wat sulke dinge kan doen. Ons sal wag tot U ons help.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 14