Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 5:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die tyd het die profete Haggai en Sagaria, die seun van Iddo, vir die Jode in Juda en Jerusalem in die Naam van die God van Israel geprofeteer.

2. In reaksie hierop het Serubbabel seun van Sealtiël en Jesua seun van Josadak, weer aan die tempel van God in Jerusalem begin bou. Die profete van God het hulle hierin bygestaan en ondersteun.

3. Maar die goewerneur Tattenai van die provinsie wes van die Eufraat, Setar-Bosnai en hulle amptenare het toe na Jerusalem toe gegaan en gevra: “Wie het vir julle toestemming gegee om hierdie tempel te herbou en die gebou klaar te maak?”

4. Hulle het ook ’n lys gevra van die name van al die mense wat aan die tempel gewerk het.

5. Maar omdat hulle God vir hulle gesorg het, het die leiers van die Judeërs met die bouwerk voortgegaan. Dit sou so aangaan totdat Darius ’n antwoord sou gee op die verslag wat aan hom gestuur is.

6. Hierdie is ’n afskrif van die brief wat die goewerneur Tattenai, Setar-Bosnai en die ander amptenare van die provinsie wes van die Eufraat vir koning Darius gestuur het.

7. In die verslag wat hulle aan hom gestuur het, het die volgende gestaan: “Ons groet koning Darius.

8. Hiermee wil ons aan u bekendmaak dat ons na die bouterrein van die tempel van die groot God in die provinsie Juda gegaan het. Die bouwerk word met spesiaal voorbereide stene gedoen en balke word ook in die mure ingebou. Die werk word met groot ywer gedoen en hulle maak goeie vordering.

Lees volledige hoofstuk Esra 5