Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 6:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Dan, wanneer hulle lyke tussen hulle afgode en altare verstrooi lê, sal hulle weet en erken dat Ek alleen die Here is. Dit sal wees op elke heuwel en berg en onder elke groen boom en groot eik waar hulle wierook vir hulle gode gebrand het.

14. Ek sal hulle met my hand stukkend druk en hulle land verlate laat, vanaf die wildernis in die suide tot Ribla in die noorde. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 6