Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 45:15-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. en uit die waterryke gebiede een uit elke 200 van julle kleinveekudde. Hierdie is die graanoffers, brandoffers en vrede-offers wat vir die mense versoening bring, sê die oppermagtige Here.

16. Die hele volk moet vir die regeerder hulle offers bring.

17. Die regeerder moet offers verskaf wat tydens die godsdienstige feeste gebring word, tydens die Nuwemaansviering, Sabbatdae en ander geleenthede. Hy moet die sonde-offers, brandoffers, graanoffers, drankoffers en vrede-offers verskaf wat vir die volk van Israel versoening sal bring.

18. “So sê die oppermagtige Here: In die vroeë lente, op die eerste dag van die eerste maand van die nuwe jaar moet jy ’n bul sonder enige liggaamsgebrek offer om die tempel te reinig.

19. Die priester moet dan van die bloed van die sonde-offer vat en dit aan die deurkosyne van die tempel smeer, en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar en die kosyne van die ingange na die binneste hof.

20. Doen dit ook op die sewende dag van die nuwe jaar vir almal wat per ongeluk of onkundig gesondig het. Op hierdie manier bring die tempel versoening.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 45