Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41:15-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Daarna het hy die westelike gebou gemeet, insluitende die mure, wat 50 meter wyd was. Die voorste en binneste tempelvertrek en die voorportaal was met houtpanele oordek

16. soos ook die drumpels, die hortjievensters en die gange rondom die tempelgebou, en ook die voorkante van die drumpels. Dit was alles met houtpanele oordek. Van die grond af tot teen die vensteropenings was alles met houtpanele oordek, ook die vensteropenings self.

17. Bokant die ingang na die binneste heiligdom en teen die mure rondom, binne en buite,

18. was die mure versier met gerubs en palmversierings, met elke keer ’n palm tussen twee gerubs. Elke gerub het twee gesigte gehad,

19. ’n gesig soos ’n mens wat na die kant van die palm aan die een kant kyk, en ’n gesig soos ’n leeu wat na die kant van die palm aan die ander kant kyk. Die figure was al langs die binnekant van die tempel uitgekerf.

20. Van die grond af tot bokant die ingang was daar gerubs en palms aangebring, ook teen die buitenste muur van die Allerheiligste.

21. Die deurkosyn van die voorste tempelvertrek was vierkantig, en ook dié van die Allerheiligste.

22. Hier was ook ’n altaar wat van hout gemaak is, een en ’n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.”

23. Die voorste tempelvertrek en die Allerheiligste het elkeen ’n deur gehad.

24. Elke deur het twee swaaideure gehad.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 41