Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierna het die man my in die tempel na die groot vertrek geneem, en hy het die pilare weerskante van die ingang van die tempel gemeet. Hulle was drie meter in deursnee.

2. Die ingang was vyf meter wyd, en die mure aan weerskante was twee en ’n half meter lank. Die tempelvertrek was twintig meter lank en tien meter breed.

3. Die man het na die binneste vertrek toe gegaan. Hy het die pilare by die ingang gemeet. Hulle was een meter dik. Die ingang self was drie meter wyd en die mure aan weerskante was drie en ’n half meter lank.

4. Die binneste vertrek was tien meter lank en tien meter breed. Hy sê toe: “Dit is die Allerheiligste.”

5. Toe het hy die muur van die tempelgebou gemeet. Dit was drie meter dik. Buite om die tempelgebou was daar kamers aangebou, twee meter breed.

6. Die kamers was op drie vlakke gebou, met 30 kamers op elke vlak. Die muur waarop hierdie kamers rus, was nie op die tempelmuur gebou nie, maar was in ’n afsonderlike muur ingebou.

7. Elke vlak was wyer as die vorige een soos die tempelmuur breër geword het hoe hoër dit gegaan het. Trappe het opgelei van die onderste verdieping af deur die middelste na die boonste toe.

8. Ek het opgemerk dat die tempelgebou op ’n terras gebou is wat die fondament vir die sykamers was. Die terras was drie meter hoog.

9. Die buitenste muur van die tempel se sykamers was twee en ’n half meter breed. So was daar ’n oop area tussen hierdie sykamers

Lees volledige hoofstuk Esegiël 41