Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 23:28-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. “So sê die oppermagtige Here: Ek sal jou oorgee aan jou vyande, dié wat jy geminag het.

29. Hulle sal jou met haat behandel, alles vat waarvoor jy gewerk het, en jou kaal agterlaat. Die hele wêreld sal jou kaal sien staan in jou afskuwelike onsedelikheid.

30. Ek het dit alles oor jou gebring omdat jy ’n prostituut vir die nasies geword het en jou met hulle afgode besoedel het.

31. Jy het nes jou sussie gemaak; daarom straf Ek jou op dieselfde manier as vir haar.

32. “So sê die oppermagtige Here: Jy sal dieselfde beker moet drinkas jou sussie, ’n beker wat groot en diep is. Almal sal met jou spot omdat jou straf so groot is.

33. Jy sal in jou hartseer soos ’n dronkaard rondslinger, net soos jou sussie, Samaria.

34. Jy sal die beker drink, dit leeg drink,en dit stukkend breekterwyl jy jou borste oopruk, sê die oppermagtige Here.

35. “Omdat jy My vergeet het en jou rug op My gedraai het, sê die oppermagtige Here, sal jy die gevolge van jou afskuwelike onsedelikheid moet dra.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 23