Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 1:18-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Die vier wiele was ontsagwekkend groot, en hulle was rondom vol oë.

19. Wanneer die vier wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg. As hulle opgestyg het, het die wiele ook opgegaan.

20. Die gees van die vier lewende wesens was in die wiele. Daarom het die wiele en die wesens gegaan waar die gees ook al gegaan het.

21. As die wesens beweeg het, het die wiele beweeg. En as die wesens stilgestaan het, het die wiele ook stilgestaan. As die wesens in die lug opgestyg het, het die wiele ook opgestyg, want die gees van die wesens was in die wiele.

22. Daar was ’n koepel bokant hulle koppe soos die horison. Dit het soos ’n kristal geblink, en dit was angswekkend.

23. Onder hierdie oppervlakte was die vlerke van die wesens uitgestrek wat aan mekaar geraak het, en elkeen het ook twee vlerke gehad waarmee hulle hulle lywe bedek het.

24. Wanneer hulle vlieg, het hulle vlerke gedreun soos golwe wat op die strand breek, of soos die stem van die Almagtige, of soos die geraas van ’n groot klomp soldate. En wanneer hulle stilstaan, het hulle die vlerke laat sak.

25. Daar het ’n stem gekom van bokant die koepel bo-oor die wesens se koppe, en hulle het hulle vlerke laat sak terwyl hulle tot stilstand kom.

26. Bokant die koepel bo hulle koppe was daar iets soos ’n troon van blou saffier. Hoog bokant hierdie troon was daar ’n figuur wat soos ’n mens gelyk het.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 1