Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 1:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op 31 Julie van my dertigste jaar was ek saam met die Judese ballinge langs die Kebarrivier in Babilonië. Die hemel het vir my oopgegaan en ek het visioene van God gesien.

2. Dit het gebeur gedurende die vyfde jaar wat koning Jojagin in ballingskap was.

3. Die Here het vir my, Esegiël die seun van Busi, die priester, ’n boodskap gegee. Ek was langs die Kebarrivier in die land van die Babiloniërs. En die hand van die Here was daar op my.

4. Terwyl ek gekyk het, sien ek ’n groot storm na my toe aankom uit die noorde. Voor die storm was daar ’n reuse wolk waarin die weerlig slaan en ’n helder lig brand. Die vuur binne-in die wolk het soos gloeiende metaal geblink.

5. Uit die middel van die wolk het vier lewende wesens gekom wat soos mense gelyk het,

6. behalwe dat elkeen van hulle vier gesigte en twee paar vlerke gehad het.

7. Hulle bene was reguit soos ’n mens s’n, maar hulle voete het gelyk soos ’n kalf s’n, en dit het geblink soos brons wat opgevryf is.

8. Onder elkeen van die vier vlerke kon ek hande sien soos dié van mense.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 1