Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 33:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Jy en die volk wat jy uit Egipte gelei het, moet nou maar van hier af verder trek. Gaan na die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob beloof het. Toe het Ek belowe dat Ek hierdie land vir hulle nageslag sal gee.

2. Ek sal ’n engel voor julle uitstuur. Ek sal die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete wat daar bly, uit die land verdryf.

3. Dit is ’n baie vrugbare land. “Ek sal egter nie verder saam met julle trek nie. Julle is ’n eiesinnige volk. As Ek saamgaan, sal Ek julle dalk vernietig.”

4. Toe die volk hierdie harde woorde hoor, het hulle baie hartseer geword. Hulle wou nie langer juweliersware dra nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 33