Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 30:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Maak ook ’n klein altaar van akasiahout om wierook daarop te brand.

2. Dit moet aan die kante ’n halwe meter breed wees en ’n meter hoog. Op die hoeke moet daar horings wees wat uit dieselfde hout gemaak is om ’n eenheid te vorm.

3. Jy moet die bokant, die kante en die horings met suiwer goud oortrek. Sit ’n rand van goud reg rondom die altaar.

4. Maak draringe van goud vir die altaar. Sit dit onder die rand vas aan die teenoorstaande kante sodat die drapale waarmee die altaar gedra word daar kan deursteek.

5. Die drapale moet van akasiahout gemaak word. Trek dit ook oor met goud.

6. Sit die wierookaltaar voor die gordyn waaragter die ark van die verbond is. Dit moet reg teenoor die versoendeksel wees. Daar sal Ek jou ontmoet.

7. “Elke oggend wanneer Aäron die lampe kom uitdoof, moet hy geurige wierook op die altaar brand.

8. Ook wanneer hy die lampe teen die aand aan die brand steek, moet hy wierook daarop brand. Elke geslag moet wierook voor die Here laat brand.

9. “Julle mag nie op hierdie altaar onheilige wierook brand nie. Julle mag ook nooit offers van vleis of graanoffers of drankoffers op hierdie altaar bring nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 30