Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:4-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. “Werk blou lissies aan die kant van die buitenste stuk materiaal van elke stel.

5. Elke stel moet 50 lissies hê wat presies op mekaar pas.

6. Maak 50 goue hakies om die lissies van die twee stelle aan mekaar vas te maak. Dit vorm dan ’n eenheid wat bo-oor die tent kom.

7. “Maak ook nog ’n tweede laag vir die tent. Dit moet van bokhaar wees. Daar moet elf stukke hiervan wees.

8. Elkeen moet vyftien meter lank wees en twee meter breed. Al elf moet ewe groot wees.

9. Werk vyf stukke aan mekaar om een stel te vorm. Werk die ander ses aan mekaar om ’n tweede stel te maak. Die sesde stuk word dubbel gevou. Dit kom by die ingang van die tent.

10. “Werk 50 lissies aan die kant van die buitenste stuk van elke stel.

11. Maak hiervoor 50 hakies van koper. Sit die twee stelle reg op mekaar en haak hulle aan mekaar vas om ’n eenheid te vorm.

12. Die strook materiaal wat oorskiet, moet aan die agterkant van die tabernakel oorhang.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26