Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:26-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. “Jy moet ook dwarsbalke van akasiahout maak om die panele aan mekaar vas te hou. Daar moet vyf balke vir die noordelike muur van die tabernakel wees.

27. Vir die suidelike muur moet daar ook vyf balke wees. Net so moet daar vyf dwarsbalke vir die westelike muur wees.

28. Die middelste dwarsbalk in die middel van die panele moet van een kant na die ander loop.

29. Trek die panele met goud oor. Maak hake daaraan sodat die dwarsbalke daarin kan pas. Trek die dwarsbalke ook met goud oor.

30. “Rig die tabernakel presies so op soos Ek vir jou op die berg gesê het.

31. “Maak ’n gordyn om die tent in twee dele af te skort. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Gerubs moet daarop uitgeborduur wees.

32. Hang die gordyn in die tabernakel aan hake bo-aan vier regop balke. Hulle moet van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek word. Hulle moet elkeen op ’n voetstuk staan wat van silwer gemaak is.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26