Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Maak die tabernakel uit tien stukke materiaal. Daar moet blou, pers en bloedrooi draad in die materiaal ingeweef word. Daar moet ook gerubs daarop uitgeborduur word.

2. Elke stuk materiaal moet veertien meter lank wees en twee meter breed. Al tien stukke moet ewe groot wees.

3. Werk vyf stukke aan mekaar om een stel te vorm. Werk ook die vyf ander aan mekaar om ’n tweede stel te maak.

4. “Werk blou lissies aan die kant van die buitenste stuk materiaal van elke stel.

5. Elke stel moet 50 lissies hê wat presies op mekaar pas.

6. Maak 50 goue hakies om die lissies van die twee stelle aan mekaar vas te maak. Dit vorm dan ’n eenheid wat bo-oor die tent kom.

7. “Maak ook nog ’n tweede laag vir die tent. Dit moet van bokhaar wees. Daar moet elf stukke hiervan wees.

8. Elkeen moet vyftien meter lank wees en twee meter breed. Al elf moet ewe groot wees.

9. Werk vyf stukke aan mekaar om een stel te vorm. Werk die ander ses aan mekaar om ’n tweede stel te maak. Die sesde stuk word dubbel gevou. Dit kom by die ingang van die tent.

10. “Werk 50 lissies aan die kant van die buitenste stuk van elke stel.

11. Maak hiervoor 50 hakies van koper. Sit die twee stelle reg op mekaar en haak hulle aan mekaar vas om ’n eenheid te vorm.

12. Die strook materiaal wat oorskiet, moet aan die agterkant van die tabernakel oorhang.

13. Die 50 sentimeter wat weerskante in die lengte van die stroke oorskiet, moet dus weerskante van die sye van die tabernakel ’n oorhang wees om dit toe te maak.

14. “Maak ’n derde laag van gebreide ramsvel. Sit ’n laag van gebreide vel booor. Dit alles vorm die dak van die tabernakel.

15. “Die raamwerk van die tabernakel bestaan uit panele wat van akasiahout gemaak is.

16. Elke paneel is vyf meter hoog en 75 sentimeter breed.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26