Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Israeliete het in die woestyn van Sinai aangekom presies twee maande nadat hulle uit Egipte weg is.

2. Nadat hulle by Refidim opgepak het, het hulle in die woestyn van Sinai aangekom. Israel het daar in die woestyn kamp opgeslaan, reg teenoor die berg.

3. Moses het teen die berg uitgeklim na God toe. Die Here het bo van die berg af met hom gepraat en vir hom gesê: “Sê vir die mense van Jakob en vir die volk van Israel die volgende:

4. ‘Julle het gesien wat Ek met die Egiptenaars gemaak het en hoe Ek julle as’t ware op die vlerke van ’n arend opgelig het en hier na My toe gedra het.

5. As julle regtig gehoorsaam is aan My en vashou aan my verbond met julle, sal julle my persoonlike volk wees tussen al die nasies van die wêreld. Die hele wêreld behoort aan My, maar julle sal in besonder die nasie wees wat aan My toegewy is.

6. Julle sal my koninkryk van priesters wees, ’n nasie wat die Here dien.’ Dit is wat jy vir die Israeliete moet sê.”

7. Moses het toe van die berg af geklim en die leiers van die volk bymekaargeroep. Hy het vir hulle alles vertel wat die Here hom beveel het.

8. Die volk het toe soos uit een mond gesê: “Ons sal alles doen wat die Here vir ons gesê het.” Moses het aan die Here gaan rapporteer hoe die volk op sy opdrag gereageer het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19