Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 11:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe sê die Here vir Moses: “Ek gaan nog een verdere ramp oor die farao en Egipte laat kom. Daarna sal hy julle laat gaan. Om die waarheid te sê, hy sal so graag van julle ontslae wil raak dat hy julle van hier af gaan wegjaag.

2. Sê vir die mans en vroue van die volk dat hulle by hulle bure goue en silwerware moet eis.”

3. (Die Here het die Egiptenaars positief ingestel teenoor die Israeliete. In Egipte is Moses beskou as ’n baie belangrike man en die farao se amptenare en die volk het groot agting vir hom gehad.)

4. Moses het toe vir die farao gesê: “Die Here het besluit: Teen middernag gaan Ek deur Egipte beweeg.

5. Dan sal die oudste seun in elke gesin in Egipte sterf, vanaf die oudste seun van die farao tot die oudste seun van die onbelangrikste diensmeisie. Selfs onder die diere sal die een wat eerste gebore is, getref word.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 11