Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:2-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Die Here kom van Sinaien skyn oor ons vanaf Seïrberg.Hy skyn vanaf Paranberg en kom met tienduisende hemelwesens, met krygers aan sy regterkant.

3. U het u volk lief, al u heiliges is in u hand.Hulle sit aan u voete en aanvaar u voorskrifte.

4. Moses het ons die wet geleer, die spesiale besitting van die vergadering van Israel.

5. Die Here het koning geword in Israeltoe die leiers van die volk bymekaargekom het,toe die stamme van Israel vergader het.”

6. Moses het die volgende oor die stam van Ruben gesê:“Laat die stam van Ruben bly leef en nie uitsterf nie, al is hulle stam maar klein.”

7. Moses het die volgende oor die stam van Juda gesê: “Here, luister na die roepstem van Juda!Bring hom terug na sy volk toe.Gee hom krag om sy saak te verdedig, help hom teen sy vyande!”

8. Moses het die volgende oor die stam van Levi gesê:“Here, u Tummim en Urim is veilig by u getroue dienaar. By Massa het U hom op die proef gestel.By die Meribawaters het U met hom geworstel.

9. Van sy pa en ma het hy gesê:‘Ek het geen ontsag vir hulle nie.’Sy broers het hy nie erken nie,en sy seuns nieas familie beskou nie.Maar die Leviete het u woord gehoorsaam en het u verbond bewaar.

10. Laat hulle nou u bepalingsaan Jakob leer en u gebooie aan Israel. Hulle sal reukwerk voor U bring en brandoffers op u altaar offer.

11. Seën die Leviete, o Here,neem hulle werk aan.Verbrysel die heupe van hulle vyande, tref hulle teenstanders sodat hullenie weer sal opstaan nie.”

12. Van die stam van Benjamin het Moses gesê: “Die Here het Benjamin lief en hy leef veilig by Hom.Hy omvou hom vir altyd en bewaar hom van elke kwaad.”

13. Oor die stam van Josef het Moses die volgende gesê:“Mag die Heresy grond seënmet die gawe van reën van die hemel,met water van onder die aarde,

14. met die rykdom wat groei in die son en die oorvloed van elke maand,

15. met die beste van die ou berge, en die vrugbaarheid van die ewige berge,

16. met die beste gawes van die aarde en sy volheid,en die guns van die Een wat verskyn het in die brandende doringbos.Mag hierdie seëningerus op die kop van Josef, op die kop van die prins onder sy broers.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33