Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die volk Israel voor sy dood geseën het:

2. “Die Here kom van Sinaien skyn oor ons vanaf Seïrberg.Hy skyn vanaf Paranberg en kom met tienduisende hemelwesens, met krygers aan sy regterkant.

3. U het u volk lief, al u heiliges is in u hand.Hulle sit aan u voete en aanvaar u voorskrifte.

4. Moses het ons die wet geleer, die spesiale besitting van die vergadering van Israel.

5. Die Here het koning geword in Israeltoe die leiers van die volk bymekaargekom het,toe die stamme van Israel vergader het.”

6. Moses het die volgende oor die stam van Ruben gesê:“Laat die stam van Ruben bly leef en nie uitsterf nie, al is hulle stam maar klein.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33