Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 4:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Koning Nebukadnesar het ’n brief uitgestuur aan al die volke, tale en nasies van die wêreld: “Mag dit goed gaan met julle almal.

2. Ek wil graag vir julle vertel van die tekens en wonders wat God die Allerhoogste my laat ervaar het.

3. “Hoe groot is sy tekens en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk hou nooit op nie. Hy heers oor geslag na geslag.

4. “Ek, Nebukadnesar, was gerieflik en voorspoedig in my paleis.

5. Ek het toe ’n droom gehad wat my baie banggemaak het. Ek het daar op my bed dinge gesien wat my onrustig gemaak het.

6. Ek het toe opdrag gegee om al die slim manne van Babel na my toe te bring om vir my te kom sê wat die droom beteken.

7. “Toe al die towenaars, besweerders, voorspellers en sterrekykers gekom het, het ek vir hulle gesê wat ek gedroom het. Hulle kon egter nie vir my sê wat dit beteken nie.

8. “Op die ou einde het Daniël na my toe gekom. Ek het hom na my god Beltsasar vernoem, want die gees van die heilige gode is in hom. Ek het vir hom vertel wat ek gedroom het.

Lees volledige hoofstuk Daniël 4