Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 3:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Koning Nebukadnesar het ’n beeld uit goud laat maak. Dit was 30 meter hoog en drie meter breed. Hy het dit in die Duravlakte in die provinsie van Babel laat oprig.

2. Nebukadnesar het toe opdrag aan al sy amptenare, hoofgoewerneurs, goewerneurs, raadgewers, skatmeesters, regters, magistrate en al die amptenare van die provinsies gegee om bymekaar te kom vir die ingebruikneming van die beeld wat hy laat oprig het.

3. Al die amptenare, hoofgoewerneurs, goewerneurs, raadgewers, skatmeesters, regters, magistrate en die amptenare van die provinsies het toe bymekaargekom vir die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnesar laat oprig het. Hulle het voor die beeld gaan staan.

4. ’n Aankondiger het hardop uitgeroep: “Luister na dié bevel, alle volke, nasies en tale:

5. Sodra julle die trompet hoor blaas en die fluit, siter, lier, harp en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle neerval en tot die goue beeld bid wat koning Nebukadnesar laat oprig het.

6. Enigeen wat nie neerkniel om dit te aanbid nie, sal dadelik binne in ’n vuurwarm oond gegooi word.”

7. Die oomblik toe die mense uit die verskillende volke, nasies en tale die trompet, fluit, siter, harp en die ander musiekinstrumente hoor, het hulle op hulle knieë gegaan en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnesar laat oprig het.

Lees volledige hoofstuk Daniël 3