Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 9:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die Here bou sy bovertrekke in die hemel en lê die fondament van die hemelkoepel op die aarde.Hy roep die waters uit die see en giet die reën oor die aarde.Sy Naam is: “Die Here!”

7. Is julle wat Israeliete isnie maar net soos die Kussiete nie?vra die Here.Het Ek nie vir Israeluit Egipte laat trek,maar ook die Filistyne uit Kaftoren die Arameërs uit Kir nie?

8. “Ek, die oppermagtige Here,hou die sondige koninkryk dop.”Hy sê:“Ek sal hulle verwyder van hulle grond.Tog sal Ek nie die nageslag van Jakob heeltemal uitwis nie.

9. Kyk, Ek het beveel dat Israel rondgeskud moet wordtussen al die nasies soos koring in ’n sif.Maar nie een korrel sal op die grond val nie.

10. Al die sondaars van my volksal omkom deur die swaard,hulle wat sê:‘Rampe sal ons nie inhaal nie.Niks slegs sal met ons gebeur nie.’”

11. “As dié dag aanbreek, sal Ek die vervalle huis van Dawidweer herstel. Ek sal die stukkende mure weer opbou, al lyk dit nou soos ’n vervalle huis. Ek sal dit herstel sodat dit lyk soos voorheen.

Lees volledige hoofstuk Amos 9