Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 9:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek het die Here langs die altaar sien staan. Hy het gesê: “Slaan die bopunte van die pilare so hard dat die fondamente skud.Laat die dak van die gebou neertuimel op die mense onder. Die mense wat bly leef, sal Ek in ’n geveg laat sterf.Nie een sal kan ontvlug nie!

2. Selfs al sou hulle grawetot diep in die doderyk,Ek sal hulle daar uithaal.Al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar af bring.

3. Al kruip hulle weg op die kruin van Karmelberg, Ek sal hulle daar gaan haalen laat afkom.Selfs al kruip hulle wegop die bodem van die see,Ek sal die seeslang stuur om hulle te byt.

4. Al voer hulle vyande hulle weg as gevangenes,Ek sal hulle met ’n swaard laat sterf.My ingesteldheid teenoor hulle is sleg, nie goed nie.”

5. Die Here is die Here, die Almagtige.As Hy aan die aarde raak, smelt dit weg. Dit laat al die bewoners op die aarde treur.Soos die Nyl in Egipte in vloedtydstyg alles op en sak weer terug.

Lees volledige hoofstuk Amos 9