Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Teëspoed wag op julle wat dink julle is sorgvry en veiligin Jerusalem en Samaria. Julle word beskou as vooraanstaandeen belangrike mense van Israel. Die mense van die volk kom na julle vir hulp.

2. Gaan na Kalne en kyk wat het daar gebeur. Gaan van daar na die groot stad Hamat en nog verder af na Gat van die Filistyne. Julle is tog nie beter as hierdie stede nie. Julle grondgebied is nie groter as hulle s’n nie.

3. Julle wil nie glodat die dag van teëspoed naby is nie. Maar julle optrede bring selfdie tyd van geweld nader.

4. Julle lê ontspanneop julle ivoorversierde beddens en rusbanke.Julle eet die sagte vleis van uitgesoekte lammers en kalwers.

5. Julle sing liedjiessaam met die harp.Soos Dawid ontwerp jullemusiekinstrumente.

6. Julle drink bekers vol wynen smeer uitsoekolies aan.Maar oor die ondergang van Israelontstel julle julle nie.

7. Julle sal die eerstes weesom in ballingskap te gaan.Verby is die tyd vir uitspattige feesvierings.

8. Die oppermagtige Herehet ’n eed geneem en dit is wat die Here God,die Almagtige, gesê het:“Ek verag Israel se trots en haat hulle spoghuise. Ek sal die stad met alles daarinaan hulle vyande oorgee.

9. “As tien mense oorblyin een huis,sal hulle almal sterf.

Lees volledige hoofstuk Amos 6