Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 1:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Die inwoners van Asdodsal Ek uitwis,die koning van Askelon uitroei.Daarna sal Ek Ekron aanval,en die Filistyne wat oor is,sal ophou bestaan.”So sê die oppermagtige Here!

9. Die Here sê verder:“Die mense van Tirushet keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Hulle ooreenkoms met Israelhet hulle nie nagekom nie.Hulle het hele gemeenskappeweggevoer en hulle aan Edom uitgelewer.

10. Ek sal die mure van Tirus afbranden hulle vestings vernietig.”

11. Die Here sê:“Die mense van Edom het keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Hulle het hulle bloedverwante,die Israeliete, genadeloos met swaarde agtervolg.Hulle het ’n ewige haat vir Israel gehad,’n woede wat bly opvlam.

12. Daarom sal Ek Teman afbrand en die vestings van Bosraverteer.”

13. Die Here het gesê:“Die mense van Ammon het keer op keer gesondig.Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie!Toe hulle Gilead aangeval het om hulle grense uit te brei, het hulle selfs swanger vroue oopgesny.

14. Daarom sal Ek ’n vuuraansteekin die mure van Rabbaen hulle vestings verteer.Op die dag van die veldslag sal krete opgaan.Die dag as ’n orkaan jou tref,sal dit wees soos ’n stormwind.

15. Hulle koning en sy amptenaresal saam in ballingskapgaan.”Dit is wat die Here gesê het!

Lees volledige hoofstuk Amos 1