Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 9:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op ’n dag het Dawid gevra: “Is daar nog iemand van Saul se afstammelinge oor? Ek wil aan so iemand goeddoen ter wille van Jonatan.”

2. Saul se hofhouding het ’n bestuurder gehad met die naam Siba. Hulle het hom na Dawid toe geroep. “Is jy Siba?” vra die koning.“Ja, my heer, ek is,” antwoord Siba.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 9