Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 23:2-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Die Gees van die Herehet deur my gepraat;sy woorde was op my lippe.

3. Die God van Israel het gepraat,die Rots van Israel het vir my gesê:‘Die mens wat regeer met regverdigheid,wat regeer in eerbied teenoor God,

4. hy is soos die môreligwanneer die sonin die oggend verskynin ’n wolklose hemel,soos helderheid ná die reënwat jong gras uit die aarde laat groei.’

5. “Staan my huis nie by God nie?Het Hy dan nie ’n blywende verbondmet my gemaak,een wat in elke opsig bevestig, gewaarborg is nie?Al my redding, al my vreugde –kom net van Hom af.

6. “Maar bose menseis soos doringswat weggegooi worden nie met kaal handehanteer moet word nie.

7. Wie dit aanraak,moet dit doen met yster of met die steel van ’n spies.In ’n vuur brand dit uit.”

8. Hier volg die name van Dawid se helde. Die eerste was Joseb-Bassebet die Tagkemoner, leier van die Driemanskap. Hy het op ’n keer met sy spies 800 vyandige soldate tydens een veldslag doodgemaak.

9. Na hom was daar Eleasar seun van Dodo, die Agoagiet. Hy was een van die Driemanskap by Dawid toe die Filistyne by Garpam bymekaargekom het vir oorlog. Die Israeliete het gevlug,

10. maar hy het bly staan en die Filistyne afgemaai totdat sy hand so moeg geword het dat hy nie sy hand kon oopmaak en sy swaard kon los nie. Daardie dag het die Here ’n groot oorwinning gegee. Toe eers het die leër Eleasar gevolg, maar net om te plunder.

11. Die volgende in rang van die Driemanskap, was Samma seun van Agee uit Harar. Die Filistyne het op ’n keer by Legi versamel naby ’n landery vol lensies. Die Israeliete het gevlug,

12. maar Samma het vasgestaan in die landery, dit verdedig en die Filistyne teruggedryf. Die Here het aan hulle ’n groot oorwinning gegee.

13. Drie van die Dertigtal het eenkeer tydens die oestyd by Dawid by die Adullamgrot aangekom. Die Filistyne het in die Spooklaagte kamp opgeslaan.

14. Dawid was toe in die bergskuiling, terwyl ’n afdeling Filistyne die dorp Betlehem beset het.

15. Dawid het teenoor sy manskappe opgemerk: “Ag! As iemand my net ’n bietjie water kan bring uit die put in Betlehem se poort!”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 23