Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 16:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dawid was net oor die kruin van die heuwel toe Siba, die bestuurder van Mefiboset se eiendom, hom onverwags teëkom. Hy het twee donkies by hom gehad, gelaai met 200 brode, 100 trosse rosyntjies, 100 houers vrugte en ’n sak vol wyn.

2. “Wat wil jy met al hierdie goed doen?” vra die koning vir Siba.Siba antwoord: “Die donkies is vir u gesin om op te ry, die brood en vrugte is vir u manskappe om te eet. Die wyn is vir hulle wat in die wildernis uitgeput raak.”

3. “Waar is Mefiboset?” vra die koning hom.“Hy het in Jerusalem agtergebly,” antwoord Siba. “Hy dink: ‘Vandag sal Israel die koninkryk van my oupa Saul vir my teruggee.’”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 16