Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 10:7-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Toe Dawid dit hoor, stuur hy Joab en die hele leër van Israel, almal dapper manne.

8. Die Ammoniete het hulle gevegslinie voor die stadspoort opgestel, terwyl die Arameërs van Soba en Regob, en die manskappe van Is-Tob en Maäka in die oop veld stelling ingeneem het.

9. Toe Joab sien dat hy aan twee fronte sou moes veg, kies hy van die beste soldate in sy leër en voer hulle aan teen die Arameërs.

10. Die res van die leër plaas hy onder bevel van sy broer Abisai teenoor die Ammoniete.

11. “As die Arameërs die oorhand oor my kry, moet jy oorkom en my kom help,” sê Joab vir sy broer. “As die Ammoniete jou oorweldig, sal ek oorkom om jou te help.

12. Hou goeie moed! Laat ons dapper veg ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die wil van die Here geskied!”

13. Joab en sy leër het aangeval, maar die Arameërs het gevlug.

14. Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs op die vlug geslaan het, het hulle ook vir Abisai gevlug en in die stad gaan skuil. Hierna het Joab na Jerusalem toe teruggegaan.

15. Die Arameërs het nou besef dat hulle nie teen die Israeliete opgewasse was nie. Hulle het bondgenootskappe gesluit

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 10