Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 10:11-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. “As die Arameërs die oorhand oor my kry, moet jy oorkom en my kom help,” sê Joab vir sy broer. “As die Ammoniete jou oorweldig, sal ek oorkom om jou te help.

12. Hou goeie moed! Laat ons dapper veg ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die wil van die Here geskied!”

13. Joab en sy leër het aangeval, maar die Arameërs het gevlug.

14. Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs op die vlug geslaan het, het hulle ook vir Abisai gevlug en in die stad gaan skuil. Hierna het Joab na Jerusalem toe teruggegaan.

15. Die Arameërs het nou besef dat hulle nie teen die Israeliete opgewasse was nie. Hulle het bondgenootskappe gesluit

16. en Hadad-Eser het nog Aramese troepe van die oorkant van die Eufraatrivier af ontbied. Hierdie manskappe het onder die bevel van Sobak, die bevelvoerder van Hadad-Eser se leër, in Gelam aangekom.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 10