Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 31:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Dit het ook babatjies, vroue, seuns en dogters van die hele tempelgemeenskap ingesluit, want hulle het hulleself getrou gereinig.

19. Ook die priesters, nasate van Aäron, wat op die velde rondom die dorpe gebly het, is nie misgekyk nie. Persone is volgens naam aangesê om aan elke manlike persoon van die priesterfamilies en die Leviete wat in die register opgeneem is, hulle deel te laat kry.

20. Op hierdie manier het koning Hiskia oral in Juda gedoen wat goed en reg was vir die Here sy God.

21. In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die diens in die tempel van God, en sy gehoorsaamheid aan die gebooie en bevele, het Hiskia met sy hele hart sy God gedien. Daarom was hy baie suksesvol.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 31